FOTO: Instagram Greer_Grammar

FOTO: Instagram Greer_Grammar

Het jy gehoor?

‘Frasier’ se dogter Greer Grammer is Mej. Golden Globes 2015

Die Frasier-akteur Kelsey Grammer het nie vroeër dié week ’n Golden Globe gewen nie, maar trotser kon hy nie wees nie. Sy aktrise-dogter Greer Grammer was vanjaar se Mej. Golden Globe.

Mnr. of Mej. Golden Globe is al ’n jaarlikse instelling. Dít is die persoon wat die beeldjies help uitdeel en die wenners van die verhoog vergesel. Dié rol word aan die kind van ’n bekende gegee.

Die 22-jarige Greer Grammer volg in haar pa se voetspore en speel in ’n TV-reeks, die MTV TV-reeks Awkward.

Greer se pa, Kelsey Grammer, het trots toegekyk hoe sy dogter die goue beelde uitdeel waarmee hy al drie keer vereer is (twee maal vir sy rol in die TV-komedie Frasier en een keer vir sy rol in die TV-drama Boss).

Dalk staan dié jong aktrise ook eendag, soos haar pa, aan die ontvangkant by die gesogte geleentheid.

En ons moet sê, Greer het pragtig gelyk op die verhoog.

Hier is sy besig om gereed te maak vir die geleentheid:

En gereed vir haar oomblik op die verhoog: