SKERMGREEP YouTube

SKERMGREEP YouTube

Het jy gehoor?

Freddie Mercury se stem toe ’n wonder

“Bohemian Rhapsody”, “The Show Must Go On”, “We are the Champions”. Dink jy aan die rockgroep Queen, is jou eerste gedagte waarskynlik  hoe ongelooflik die hoofsanger Freddie Mercury se stem was. ’n Groep wetenskaplikes van Oostenryk, Swede en die Tsjeggiese Republiek het ’n studie gedoen om te bepaal of Freddie se stem werklik ’n wonder was.

Die studie is onlangs in die wetenskapjoernaal Logopedics Phoniatrics Vocology gepubliseer. Die wetenskaplikes het Freddie se stem in diepte laat ontleed deur na talle liedere, stemopnames en onderhoude te luister. Hulle het twee dinge vasgestel: Freddie kon sy ventrikulêre voue (klein flappies in sy stembande) manipuleer, wat hom toegelaat het om binne ’n oomblik sub-harmonieë te skep. En hy het die vermoë gehad om ’n vibrato, die vinnige wisseling in toonhoogte, goed uit te voer.

Queen het tussen 1973 en 1995 meer as 15 albums gemaak. Die wetenskaplikes het ook bevind dat Freddie ’n unieke stem en stembande gehad het. Hoewel hulle nie kon vasstel of hy werklik ’n stemomvang van vier oktawe gehad het nie, het hulle saamgestem dat sy stembande hom ’n buitengewone vermoë gegee het.

Die volledige studie kan hier gevind word.

Hier’s drie musiekvideo’s van Queen

Lees nou