Fredi Nest FOTO: Sony Music

Fredi Nest FOTO: Sony Music

Het jy gehoor?

Fredi Nest sterf ná kankerstryd

Die sanger Fredi Nest (56) is vanoggend oorlede. Sy lewensmaat, Sylvia, het die nuus bevestig.

Fredi is in Mei met ’n breingewas gediagnoseer, het Sony Music in ’n verklaring gesê. Die kanker het ten spyte van behandeling vinnig na die res van sy liggaam versprei. Hy was positief tot aan die einde. “Ons tackle hom nou dag vir dag,” het hy in ’n video wat ’n paar maande gelede op sosiale media versprei is, gesê.

Fredi het 14 albums uitgereik en treffers soos “Getoor”, “Toe toe toe” en “Bly net naby my” sal altyd deel wees van Afrikaanse musiek.