zolani_beauty_copy
Het jy gehoor?

Freshlyground se Zolani verloor 25 kg

Zolani Mahola, voorsanger van die gewilde plaaslike groep Freshlyground, het die afgelope drie jaar 25 kg afgeskud, berig Netwerk24

Sy het ná die geboorte van haar seun, Zazi, in 2013 besluit om haar leefstyl aan te pas. Dit is vir haar lekker om nou vir jonger aanhangers ’n voorbeeld te kan wees met goeie eetgewoontes.

Sy het pas by die KKNK saam met Bobby van Jaarsveld opgetree. Sy het ook daar saam met haar vriendin Karen Zoid gekuier, en sê dit was heerlik juis omdat sy goed gevoel het oor haarself.

Lees hoe sy die gewig verloor het op Netwerk24http://bit.ly/1Dq3ZJv