FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Friends-reünie!

Ná 12 maer jare gaan ons uiteindelik weer vir Joey, Phoebe, Rachel, Ross, Monica en Chandler saam kan sien! Maar voor ons almal sterf van vreugde, dié Friends-reünie sal net twee uur duur.

David Schwimmer, Jennifer Aniston, Matthew Perry, Courteney Cox, Matt LeBlanc en Lisa Kudrow gaan almal saam in ’n spesiale episode verskyn. Die episode is ’n soort huldeblyk aan die regisseur, James Burrows, berig BBC. Die gewilde reeks het vanaf 1994 tot 2004 gedraai.

Die episode sal op Sondag, 21 Februarie, uitgesaai word.

friends

Selfs Courtney (Monica) en Matt (Joey) het daaroor getwiet:

Hier is twee van ons gunsteling-oomblikke

Die Brad Pitt-episode

Toe Joey ’n handsak gekry het

Aanhangers van die reeks het al jare vir só ’n reünie gevra. Talle vals gerugte dat Friends gaan terugkeer het sedert 2004 die ronde gedoen, maar NBC se voorsitter, Robert Greenblatt, het beloof dat ons dié gerug beslis kan glo.

“Ons hoop om al ses bymekaar te kry! Dit kan moeilik wees, maar ons sal alles probeer,” het Greenblatt aan The Guardian gesê.

Kom asseblief gou, 21 Februarie!

via GIPHY