friends
Het jy gehoor?

Friends-sterre sê nee vir fliek

Jennifer Aniston wat 10 jaar die rol van Rachel Green gespeel het, dink ook nie dis ‘n goeie plan nie.

“Ek kan my nie indink hoe hulle dit sou doen nie. Tensy ‘n mens dit jare van nou af doen. Selfs dan kan ek dit my nie indink nie. Dit maak nie vir my sin nie. Friends is in jou sitkamer, dis nie gemaak vir ‘n grootskerm nie,” het sy aan The Hollywood Reporter gesê.

Sedert Friends het Aniston in verskeie flieks gespeel. Sy is egter onseker of sy weer heeltyds ‘n TV-rol wil vertolk.

“Ek was mal oor wat ek vir tien jaar gedoen het. Dit was soveel pret, en min dinge kom daarby. Daar was soveel opwinding toe ons Friends begin het, as ek permanent teruggaan, sal daar dieselfde vonk moet wees. Maar ek gaan nie sê dit gaan nooit gebeur nie, want nooit is ‘n baie lang tyd …”

Sou jy graag Friends as ‘n fliek wou sien?

  • Minnie

    Mal oor Jen sy is baie sexy…………….! En oulik………….!