FOTO: Twitter/ @IMKristenBell

FOTO: Twitter/ @IMKristenBell

Het jy gehoor?

Kristen Bell & Dax Shepard verower Afrika

Die aktrise Kristen Bell en haar akteur-man, Dax Shepard, wou vir oulaas ’n Afrika-avontuur aanpak voordat kinders hul opwagting maak. En toe besluit hulle sommer om ’n prettige musiekvideo te skiet, op maat van Toto se “Africa” van alle dinge! 

Hulle het pas die video, wat vermoedelik in 2013 gemaak is, op YouTube gedeel. Die paartjie is in 2013 getroud en het twee dogtertjies, Lincoln (2013) en Delta (2014). Die afgelope week het Dax besluit om uiteindelik hierdie komiese musiekvideo vir die wêreld te wys.

Dax en Kristen het mekaar verfilm terwyl hulle in Kenia en Tanzanië vakansie gehou het. Dax het selfs hul toergids, Medard, oortuig om in die video te wees!

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

Kyk net hoe lekker lyk hul avontuur!

Die twee het so lekker gedans tussen die wildebeeste dat hulle nie die polisie sien aankom nie. Hulle het ’n boete van $50 (R800) hiervoor gekry.

Maar ons dink dit is vreeslik snaaks!

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

Bronne: Time, Inquisitr

Lees nou