FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Gaan Angelina Jolie ’n Namibiese burger word?

Angelina Jolie is onlangs deur koningin Elizabeth tot eredame verklaar vir haar buitengewone diens aan Brittanje, maar kan haarself nog nie dame Angelina Jolie noem nie …

Angelina is onlangs tot eredame verklaar by geleentheid van Koningin Elizabeth se verjaardagviering, berig Die Burger. Sy doen baie liefdadigheidswerk én beywer haarself met die beëindiging van seksuele geweld.

Maar slegs Britse burgers en burgers van die statebond-lande mag Britse eretitels gebruik. Daarom kan dié Amerikaanse aktrise haarself nie dame Angelina Jolie noem nie. Dit is om dié rede dat sy Namibiese burgerskap oorweeg, berig BANG Showbiz.

Sy wil dié titel amptelik kan gebruik, omdat sy glo haar liefdadigheidswerk en veldtogte meer impak sal hê.

Hoekom Nambië?

Brad en Angelina is baie lief vir die oop, stil vlaktes van Namibië. Angelina het die film Beyond Borders daar geskiet en die paartjie en hul kinders het in 2010 by die wildsplaas N/a’an ku sê Kersfees gevier. Hul eerste biologiese dogter, Shiloh, is ook in Namibië gebore.

SARIE.com het vroeër met Marlice en Rudi, eienaars van N/a’an ku, gesels oor dié Hollywood-paartjie se besoek. KLIK HIER om te hoor wat hul sê.

Angelina en Brad het volgens Huffington Post vroeg in 2011 $2 miljoen (sowat R20 miljoen) aan dié plaas geskenk.

Bronne: Die Burger, BANG Showbiz, Huffington Post.

Nóg oor Angelina en Brad