FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Gaan Beyoncé en Jay Z se paadjies skei?

Ons het dit eers net afgemaak as gerugte, maar al hoe meer bronne begin dit nou bevestig – dit lyk asof Beyoncé en Jay Z se paadjies gaan skei.

The New York Post se Page Six het berig dat die paartjie gaan skei sodra hul toer, On The Run, klaar is. Die toer eindig Desember vanjaar in Parys.

Beyoncé (32) en Jay Z (44) het in 2008 getrou en is die ouers van die stylvolle 2-jarige Blue Ivy. Die paartjie het glo reeds hul trouringe afgehaal en soek ’n manier om hul eie paadjies te stap sonder om te skei, berig Page Six.

Beyoncé het gister dié foto op haar Instagram-profiel gedeel. Haar trouring is nêrens te sien nie.

Die bron wat met Page Six,The New York Post se skinderblad, gepraat het, beweer die musikantpaartjie het gedink ’n baba kan hul huwelik maak werk. “Hulle het die ou fout gemaak om te dink ’n kind sal alles verander en die oorspronklike vonk weer terugbring, maar dit het nie.”

Die nuus kom sowat twee maande ná Beyoncé se suster, Solange, vir Jay Z in ’n hysbak aangeval het. Die video in die hysbak het vinnig oor die internet versprei. Hulle het later in ’n verklaring gesê dat alle gesinne probleme het, en dat hulle dit ook ervaar. “Ons is lief vir mekaar en ons is ’n familie. Ons het dit agter ons gesit en hoop almal sal dieselfde doen.”

Bronne: Page Six en TVNZ