Blake Lively 
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Blake Lively FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Gaan Blake Lively by Harvard swot?

Dit is die beeldskone Blake Lively se droom om by Harvard te studeer, berig Huffington Post

Dié Hollywood-ster en mode-ontwerper kan dalk eendag ook “Harvard gegradueerde” op haar CV skryf. “Ek het ’n droom om Harvard se sakeskool by te woon, en een van die dae sal ek dit doen … in my vrye tyd,” het die 27-jarige Savages-aktrise tydens ’n onderhoud gesê.

Blake vertel verder hoewel sy (nog) nie tradisioneel in dié rigting studeer het nie, kom sakevernuf vir haar natuurliker as rolspel. Sy is reeds die afgelope jaar in die e-handelbedryf met ‘n leefstyl-webwerf: “Ek voel altyd vals as ek toneelspeel. Maar ek doen my bes om die storie te vertel, en ek is verheug wanneer ek ’n rol losslaan.”

“Ek het selfvertroue wanneer ek kosmaak of huise versier. Dit is iets wat ek van begin, middel en einde beheer. Die eienaarskap daarvan voel goed,” het sy bygevoeg.

Sy kry ook graag raad van verskeie entrepreneurs, wat eintlik haar mededingers is: “Besigheid gaan ook oor vrygewigheid. Entrepreneurs wat mekaar help. Jy besef dat daar genoeg plek vir almal is indien jy bereid is om hard te werk.”

Bron: Huffington Post

Lees ook