corine_du_toit_is_karen_in_nightdrive_pic_1_200w.jpg
Het jy gehoor?

Kort hare vir Corine du Toit?

Gaan Egoli-aktrise Corine du Toit haar lang bob vir ’n pixie-styl verruil?

Corine, wat ook in Semisoet gespeel het, het dié foto op Facebook gedeel en bygevoeg dat sy lus is om weer ’n korter haarstyl te probeer.

Corine en ander sterre by die première van As Jy Sing

Dink jy Corine moet haar hare weer só sny? FOTO: Facebook

Dink jy Corine moet haar hare weer só sny? FOTO: Facebook

Sy het haar hare destyds in dié sexy styl gedra terwyl sy Jane in die sepie Egoli gespeel het. Deesdae dra sy haar hare in ’n sagte, lang bob.  Nou lyk dit of sy moontlik weer haar lokke gaan sny.

Corine se Facebook-vriende klink ook opgewonde oor die verandering. ’n Paar het genoem dat die haarstyl veral gerieflik sal wees wanneer sy mamma word, omdat dit maklik is om te hanteer. Ander reken weer sy moenie die langer hare afsny nie.

Corine en haar man Raz Jensen.

Corine en haar man Raz Jensen.

Korter haarstyle, veral die bob en pixie, is dié seisoen baie gewild onder plaaslike én internasionale sterre. Minki van der Westhuizen, Jennifer Aniston en Reese Witherspoon is onder die bekendes wat verlede jaar ’n bob begin dra het terwyl Jennifer Lawrence, Pamela Anderson en Lianie May weer die kort pixie-styl verkies.

Watter haarstyl dink jy lyk die mooiste by Corine?