alette_johanni
Het jy gehoor?

Só gaan dit met Alétte-Johanni Winckler ná haar kookwater-ongeluk

Alétte-Johanni het verlede week brandwonde opgedoen nadat sy haarself met kookwater gebrand het. Só gaan dit nou met haar.

Die Wincklers was met vakansie in Swellendam toe kookwater oor Alétte se regtervoet, -kuit, linkerhand en -heup geval het. Sy het derdegraadse brandwonde opgedoen.

Sy was in die hospitaal vir behandeling, maar skryf op Facebook dit gaan nou baie beter met haar.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Hoewel dit met tye baie seer is, is sy dankbaar dat dit nie erger is nie of dat die kookwater nie op haar kinders gespat het nie.

Sy het vanoggend geskryf dat die dokter sê nuwe vel is besig om te vorm en haar wonde is nie meer oop nie.

Ons is bly dit gaan beter, Alétte!

Lees ook die inspirerende storie van Turia Pitt – die pragtige vrou met brandwonde wat op die voorblad van ’n tydskrif verskyn het.

Lees Alétte se blogs op SARIE.com