Celine Dion
Het jy gehoor?

Só gaan dit met Céline Dion se man

Die sangeres Céline Dion het in ’n onderhoud op Good Morning America gesê haar man, René Angélil, se toestand is stabiel. Hy is in 2014 vir ’n tweede keer met kanker gediagnoseer, berig Hello!.

Céline sê sy bewonder nog altyd haar man, veral in dié tyd. Omdat hy sterk en positief bly, het dit haar gehelp om elke aand met haar optredes in Las Vegas voort te gaan en die onsekerheid en spanning te verwerk.

Sy sê hulle het vir jare lank ’n wonderlike lewe gehad en in hierdie moeilike tyd sien sy net weer René se ongelooflike krag en uithouvermoë. Hy leef nie vir gister of môre nie, maar in die oomblik omdat dit al is waarvan hy verseker is.

Céline het ná René weer gediagnoseer is, haar loopbaan vir ’n jaar op ys gesit om hom te versorg. Sy is deesdae weer terug op die verhoog en tussendeur sorg sy dat sy die beste vrou en ma vir haar drie kinders is.

Céline en René is in 1994 getroud en het drie kinders, René-Charles (14) en die tweeling, Eddy en Nelson (5).

Bronne: Hello! en Good Morning America

Lees ook