Het jy gehoor?

Só gaan dit met Jannie Moolman ná die Paasnaweek

Jannie Moolman is steeds in die hospitaal ná sy ongeluk vroeër die maand. Die oorsaak van die ongeluk is steeds nie bekend nie.

’n Mediaverklaring wat vandag uitgereik is, sê dat Jannie steeds goed reageer op die behandeling wat hy ontvang. Hy is gister van die kunsmatige asemhalingsmasjien ontkoppel en neem nou self gemaklik asem.

Jannie het reeds ’n operasie ondergaan om ses beenfrakture in sy gesig te heg. ’n Plastiese chirurg het al ook aan sy oogbank gewerk om ’n snymerk en operasiemerke daaraan te herstel.

Die medikasie wat gebruik is om hom in ’n geïnduseerde koma te hou, is ook vir eers reeds gestaak.

Vanoggend het hy nog grootliks geslaap en die verwagting is dat hy nou geleidelik sy bewussyn sal begin herwin. Hy is steeds in die trauma-eenheid.

Sy nabye familie en vriende het hul dankbaarheid uitgespreek teenoor die talle wense van beterskap op sosiale media en wat ook van elders ontvang word.

Lees nóg op SARIE.com