FOTO: Instagram  @joanrivers

FOTO: Instagram @joanrivers

Het jy gehoor?

Só gaan dit met Joan Rivers PLUS SA musiekvervaardiger herstel tuis

Die 81-jarige komediant en TV-persoonlikheid Joan Rivers se gesondheid het verbeter, berig New York Times. Joan lê nie meer in die waakeenheid nie en sterk nou in ’n private kamer aan. Maar sy is steeds aan masjiene gekoppel om haar aan die lewe te hou. Joan het verlede Donderdag ophou asemhaal tydens ’n operasie aan haar stembande. Hoewel baie bronne sê haar dogter, Melissa, begryp nie hoe ernstig siek haar ma is nie, is daar nou ander bronne wat beweer dat Joan tog wel op die herstelpad is. Melissa het vroeër aan die media gesê hulle glo haar ma sal herstel, maar daar is ’n kans dat sy permanente breinskade kon ly en dat sy dalk vir die res van haar lewe in ’n rolstoel moet wees. Joan is deesdae veral bekend vir haar skerp kommentaar op die program Fashion Police. Lees meer HIER oor Joan se toestand. 

SA musiekvervaardiger sterk aan by huis

Die Suid-Afrikaanse musiekvervaardiger Prosper Mkwaiwa herstel by die huis nadat hy breinbeserings opgedoen het in ’n motorongeluk, berig The Juice. Prosper was in ’n koma nadat hy sowat twee weke gelede in Pretoria uit sy kar gegooi is in die ongeluk. Sy vrou, Tina, het bevestig Prosper is uit die hospitaal ontslaan, maar het nog ’n lang herstelpad wat voorlê. “Ek is dankbaar hy is nie meer in gevaar nie, maar hy is soos ’n kind … hy het hulp nodig om te eet, te loop en te bad.” Bronne: New York Times, The Juice