@micheleburger1

@micheleburger1

Het jy gehoor?

Só gaan dit met Michele en Schalk Burger in Japan

Springbok Schalk Burger is verlede week saam met sy vrou, Michele, en hul seuns, Schalk jr. en Nicol, sak en pak Japan toe. Vroulief Michele deel foto’s van hul eerste paar dae in Japan.

Schalk het vroeër vanjaar ’n kontrak geteken om vir 2 jaar vir die Japanse klub Suntory Sungoliath rugby te speel. En dit lyk of dié gesin die eerste paar dae in die vreemde land gebruik om hul voete te vind.

Schalk het aan die tydskrif SA Rugby gesê hy is opgewonde daaroor om Japan toe te trek, veral omdat dié land in 2019 die Wêreldbekertoernooi aanbied. “Ek sien uit na die verandering en ek sien ook uit om nuwe dinge te leer. Die aanpassing gaan makliker wees omdat my gesin saamgaan.

Die Springbok Fourie du Preez speel ook vir dié Japanse klub.

Die Burgers in Japan

Die uitsig vanuit hul woonstel


Schalk en Michele verken Japan

Ete saam met rugbyspeler Dewald Potgieter, wat ook in Japan rugby speel, en sy meisie, Freda Louw

Michele moet styf vashou!

Nóg oor Schalk en Michele op SARIE.com