FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Het jy gehoor?

Só gaan dit met Randall Wicomb

Dit is die eerste keer in 46 jaar van sy professionele loopbaan as kunstenaar dat hy ‘n vertoning moes kanselleer – dit is vir hom baie ontstellend, sê Randall Wicomb se woordvoerder, Leoné Pitts. 

Randall sou Sondag by die Atterbury-teater in Pretoria optree, maar hy is ongelukkig intussen in die hospitaal opgeneem. Die teater het oorweeg om die vertoning te kanselleer, maar die sanger Mathys Roets het aangebied om vir hom in te staan sodat Randall steeds sy betaling kry.

Leoné het per e-pos dié boodskap van Randall aan SARIE.com gestuur:

“Ek maak op die oomblik staat op die derduisende mense landswyd se gebede – dit dra my en ondersteun my. Ekself baseer my filsofie op die teks Spreuke 3:5 & 6. In in my eie woorde: vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken hom in al jou weë en Hy sal jou die regte pad laat loop. Musiek is en was my lewe – ‘n talent wat ek deur genade uit die hand van my Skepper ontvang het. Ek sal graag tot aan die einde van my lewenspad vir mense wil bedien deur my stem, woorde en my musiek.”

Volgens Leoné gaan dit onder omstandighede goed met Randall, maar hy is baie swak en moet nou net rus.

Prostaatkanker is in 2013 by Randall gediagnoseer.

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Atterbury-teater het op hul Facebook-blad ondersteuners gevra om die vertoning by te woon. “Help vir ons en Mathys om vir Randall van hulp te wees.”

Die vertoning vind Sondag, 13 Desember, om 16:00 plaas. Bespreek hier of telefonies by 012 471 1700. Kaartjies kos tussen R140 en R160.

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf