FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Só gaan dit met Sean Else en Carla se Noah

Carla het aan SARIE.com vertel dat dit heelwat beter gaan met hul seuntjie, Noah, wat Vrydag in die hospitaal opgeneem is weens erge koors. 

“Hy is uit die waakeenheid uit, en die suurstof en monitors is die naweek afgehaal”, het sy gesê. “Die dokters het vanoggend sy drip uitgehaal, en die antibiotika gestop. Nou wag ons om te sien watter uitwerking dit op sy koors gaan hê.” Sy hoop om vandag nog te kan huis toe gaan.

Screen Shot 2015-04-20 at 3.26.44 PM

“Hy is baie rustig en lyk weer soos die Noah-lief wat ons ken. Soveel mense het gebid vir hom, hy kan nie anders as om beter te word nie.”

Sy sê dit was moelike vyf dae in die hospitaal, maar hul vriende en familie se ondersteuning het hulle daardeur gedra. “Ons is baie dankbaar,” het sy op haar Facebook-blad geksryf.

Lees ook: