FOTO Instagram  @mrchrismcmillan

FOTO Instagram @mrchrismcmillan

Het jy gehoor?

Gaan Jennifer Aniston binnekort ma word?

Kort ná hul troue het gerugte die ronde gedoen dat die aktrise Jennifer Aniston en die vervaardiger Justin Theroux hul eersteling verwag. Maar nou berig Hollywood Life hulle is in die proses is om ’n baba aan te neem.  

Die glanspaar wat twee maande gelede in die geheim getrou het, probeer glo ook om die reëlings oor die nuutste toevoeging tot hul gesin privaat te hou.

Jennifer Aniston en haar man, Justin Theroux FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Aniston en haar man, Justin Theroux
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Volgens Design & Trend wou Jennifer nog altyd ’n dogtertjie van haar eie hê. Haar bekende vriendinne Sheryl Crow en Charlize Theron, wat aanneem-kinders van hul eie het, help haar glo met die proses.

Hollywood Life en Design & Trend 

Lees ook