William en Kate
Het jy gehoor?

Gaan Kate en William hul baba Alice noem?

Volgens wedders gaan Kate en William hul baba Alice noem, berig HELLO! 

Daar word ook oor die hertog en hertogin van Cambridge se tweede kind se geslag en haarkleur bespiegel. In hierdie stadium is nog niks bevestig nie, en is daar groot geld op die spel.

Die aanlyn weddenskap-platform Betfair Sportsbook beweer buiten Alice, is die meisiename Elizabeth en Charlotte ook gunstelinge onder beroepswedders.

Indien die koninklike baba wat hierdie maand gebore word ’n seun sou wees, is die name Richard en James die hoogste op die lys.

Jan publiek is egter verdeeld oor die geslag van die baba. Een helfte glo dat dit ’n nuwe prins gaan wees, en die ander helfte verwag weer ’n prinsessie.

Talle wedders glo prins George (20 maande) se broer of suster gaan blond wees en op ’n Donderdag gebore word.

Bron: HELLO!

Lees ook