FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Gaan Kate nou dié streng dieet volg?

Ons weet nie of dit waar is nie, maar Daily Mail berig dat die hertogin van Cambridge hierdie baie streng dieet gaan volg.

Dié dieet, wat Brittanje se gunsteling-hertogin vermoedelik gaan volg, behels slegs rou kos en kos wat onder 48ºC gaar gemaak is – ’n baie drastiese stap vir iemand wat reeds so skraal is soos sy.

Kate is altyd versigtig om nie té veel kalorieë in te neem nie en dit is miskien vir hierdie rede dat haar slanke figuur die wêreld oor bewonder word.

Rooi, blou, groen, geel – Kate lyk pragtig in dié helder kleure

Daily Mail beweer dat Kate egter nié op die dieet wil gaan om gewig te verloor nie, maar om haar vietse lyf te behou en om haar vel blosend te hou.

Maar sy gaan nie net rou kos die heeltyd eet nie – iets wat byna onmoontlik is met haar besige skedule en talle afsprake. Sy beplan blykbaar om slegs een dag per week niks anders as rou kos te eet nie.

Dieet net twee dae van die week

Kate geniet die Suid-Amerikaanse gereg ceviche baie. Dit is rou vis wat in suurlemoen- of lemmetjiesap en speserye gemarineer is.

Kenners reken dat rou kosse baie goed is vir die vel omdat dit baie meer voedingswaarde en vitamiene bevat as kos wat gekook is.

Pasop vir enige ekstreme dieet

Dit lyk asof Kate slegs een keer ’n week dié streng dieet gaan volg en dit is baie belangrik om te besef dat ’n ekstreme dieet nie volhoubaar (of noodwendig gesond) in die langtermyn is nie. Vir gesonde dieet-raad, lees gerus dieetkundige Mariza van BeterEet se blogs: