Het jy gehoor?

Gaan Shakira binnekort trou?

Die sangeres Shakira het haar aanhangers geterg deur ’n foto van haarself in ’n trourok op sosiale media te deel. Beteken dit dat sy binnekort voor die kansel gaan staan?

Shakira en die Spaanse sokker-speler Gerard Piqué gaan reeds vir 3 jaar uit en is die trotse ouers van oulike Milan wat nou 1 jaar oud is.

Kyk hou oulik is Milan!  FOTO: Instagram @shakira

Kyk hou oulik is Milan!
FOTO: Instagram @shakira

Alhoewel dié foto op die stel van haar nuwe musiekvideo vir die liedjie “Empire” geneem is, wonder almal of sy nie tog ’n boodskap stuur nie.

FOTO: Twitter @shakira

FOTO: Twitter @shakira

Die 37-jarige “Waka Waka”-sangeres lyk pragtig in die wit moulose tourok met natuurlike grimering en gekrulde hare.

Shakira het in die verlede gesê dat die 27-jarige sokkerspeler die beste ding is wat nog met haar gebeur het. Hy en dan natuurlik klein Milan.

Eerste dans as getroudes

Wanneer groot musieksterre trou, wonder ons altyd op watter liedjie hulle gaan besluit vir hul eerste dans.

Blaai deur ons galery om te sien op watter liedjie dié bekendes eerste as man en vrou gedans het.

Steve en Janine

"Only One We" wat Steve spesiaal vir Janine geskryf het

FOTO: Custophoto.com

Jay-Z en Beyoné

Beyoncé se liedjie "Crazy in Love"

FOTO: Tumblr

Prins William en Kate Middleton

Die Britse sangeres Ellie Goulding se "Your Song"

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Brad Pitt en Jennifer Aniston

Frank Sinatra se "The Way You Look Tonight"

Tom Cruise en Katie Holmes

"Songbird" van Fleetwood Mac

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jordan Bratman en Christina Aguilera

"In a Sentimental Mood" van Duke Ellington

Justin Timberlake en Jessica Biel

"A Song for You" deur Doony Hathaway

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Barack Obama en Michelle Obama

Stevie Wonder se "You and I"

FOTO: Twitter