Het jy gehoor?

Gaan Victoria Jennifer se trourok ontwerp?

Jennifer Aniston wil glo in ‘n eenvoudige, sjiek rok by die paadjie afloop wanneer sy volgende jaar met Justin Theroux trou, en daarom is Victoria Beckham op die kortlys van ontwerpers.

“Jennifer is ‘n groot aanhanger van Victoria se ontwerpe en sy’s een van die name op die lys saam met Valentino en Carolina Herrera,” het ‘n vriendin van Jennifer gesê. “Sy soek ‘n eenvoudige, stylvolle rok, en dit is juis Victoria se ding.”

En daar het ook ‘n voëltjie gefluit dat Valentino Angelina se trourok gaan ontwerp…

[box:full:grey:both]

Wie dink jy moet Jennifer se rok ontwerp?

[/both]