FOTO:  Miss South Africa

FOTO: Miss South Africa

Het jy gehoor?

Gangs of Ballet, Beatenberg en Sterling EQ tree op by vanjaar se Mej. SA

Die room van ons plaaslike kunstenaars sal Sondag, 29 Maart, by Sun City te sien wees. Gangs of Ballet, Beatenberg en Sterling EQ tree almal op by vanjaar se Mej. SA-kompetisie. 

Hulle is gereed om die Superbowl-gehoor én duisende TV-kykers te vermaak. Die glansgeleentheid word regstreeks om 17:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) en Mzanzi Magic (DStv-kanaal 161) uitgesaai.

Gangs of Ballet, ’n alternatiewe-groep, is al vir vyf SAMA’s benoem. Brad Klynsmith, dié groep se sanger, het hul opgewondenheid gedeel: “Dit is ’n groot voorreg om by so ’n gesogte Suid-Afrikaanse geleentheid op te tree. Ons kan nie wag om daar te wees en dit eerstehands te beleef nie.”

FOTO: Craig Scott

FOTO: Craig Scott

Beatenberg het verlede jaar groot naam vir hulself gemaak. Hul pop-klank is ’n mengelmoes van oud en nuut.

FOTO: Ross Garret

FOTO: Ross Garret

Die dames van die bekroonde instrumentale groep Sterling EQ, met hul fluit, viool en tjello, gaan vir ’n ekstra tikkie glans sorg. Carina Bruwer, op die elektriese fluit, sien ook uit na die kompetisie: “Dit is seker talle dogtertjies se droom om ’n skoonheidskoningin te wees. Alhoewel dit nou te laat is vir ons, sal dit wonderlik wees om die geleentheid op die verhoog te ervaar.”

Twaalf van ons land se mooiste jong dames ding mee vir die Mej. Suid-Afrika-kroon. Die geleentheid sal deur musikant Proverb aangebied word.

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

 Lees ook