gareth_3
Het jy gehoor?

Gareth Cliff nie meer op ‘Idols’ ná Penny Sparrow-kommentaar

The Juice op Channel24 het vanoggend berig dat Gareth Cliff nie op die volgende seisoen van SA Idols as beoordelaar gaan verskyn nie. (Lees die volledige berig op Channel24 se webtuiste.)

Gareth het vroeër die week kommentaar gelewer oor die Penny Sparrow-debat en die kriminalisering van sogenoemde rassistiese sosialemedia-kommentaar. En verskeie mense was ontevrede oor sy opinie.

Gareth het hierna om verskoning gevra en aangemoedig dat Suid-Afrikaners konstruktiewe gesprekke moet hê.

MNet het in hul verklaring vanoggend geen rede verskaf dat Gareth nie deel van die 12de seisoen van SA Idols gaan wees nie. Die oudisies vir dié reeks begin die einde van die maand.

Nuwe inligting: The Juice het eksklusief verneem dat Gareth moontlik regstappe oorweeg. LEES HIER.

Bronne: Channel24 en MNet