FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Gareth Cliff wéér by ‘Idols’

Die hof het in Gareth Cliff se guns beslis. En M-Net sal hom voorlopig as Idols-beoordelaar moet heraanstel. 

Regter Caroline Nicholls het beslis dat die saak net gaan oor of daar ’n bindende kontrak tussen Cliff en M-Net was, berig Netwerk24.

Die herrie tussen Gareth en M-Net het uitgebreek toe hy vroeër vanjaar kommentaar gelewer het oor die Penny Sparrow-debat en die kriminalisering van sogenoemde rassistiese sosialemedia-kommentaar. Verskeie mense was ontevrede oor sy opinie.

Gareth, wat verlig was oor die uitspraak, het aan die media gesê hy sal môre ’n perskonferensie by sy radiostasie, Cliff Central, hou.

Benewens sy eis om heraangestel te word, het Gareth R25 miljoen van M-Net geëis vir kontrakbreuk en laster. Meer inligting hieroor volg later.

Idols-oudisies begin 30 Januarie by The Playhouse in Durban.

Bronne: Netwerk24, Channel 24