Het jy gehoor?

Gebraaide ravioli op stokkies

genoeg vir 6

  • 3 soorte winkel-ravioli van jou keuse (bv. vleis-, kaas- en groentevulsel)
  • 25 hout-kebabstokkies
  • olie vir diepbraai
  • mayonnaise, vir voorsit

Ryg 3 ravioli’s op elke stokkie. Verhit olie in middelslag-pot tot warm. Diepbraai kebabs vir 3 – 5 minute of tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier en sit voor met mayonnaise.