FOTO: Instagram  @msleamichele

FOTO: Instagram @msleamichele

Het jy gehoor?

Só gedenk Hollywood-ster haar ontslape kêrel

Die aktrise Lea Michele se kêrel, Cory Monteith, is al byna ’n jaar gelede oorlede en die aktrise bly steeds lief vir hom. Só het sy hom op sy verjaardag onthou.

Dra jou hare soos Lea doen

Die akteur sou gister, op Moedersdag, 32 jaar oud geword het. Hy is egter verlede jaar onverwags oorlede. Om sy verjaardag te vier het die aktrise (Glee, New Year’s Eve) ’n foto van haar en Cory op Twitter gedeel. Op dié foto, wat wit-en-swart is, sit die paartjie bymekaar en lag.

Lea, bekend as Rachel Berry op die TV-reeks Glee, het Cory by die werk ontmoet. Hy het die rol van Finn Hudson in dié reeks gespeel. Ná die reeks in 2009 begin het, was Cory en Lea nie meer net ’n paartjie op die skerms nie, maar ook agter die skerms.

Suid-Afrikaner in Glee

Intussen het Lea haar eie solo-album, Louder, uitgereik. Sy vertel, volgens Us Weekly, dat Cory die inspirasie vir die meeste van die liedere op dié album was.