Sandra Oh
Het jy gehoor?

Geliefde aktrise verlaat Grey’s Anatomy ná 8 jaar

Sandra Oh gaan haar stetoskoop vir eers ophang …
Sandra Oh, wat die ambisieuse dr. Christina Yang in die gewilde televisiereeks Grey’s Anatomy speel, gaan na 8 jaar die reeks verlaat …

“Ek voel ek het alles gegee wat ek kon, en ek voel gereed om haar (dr. Yang) nou te laat gaan,” het Sandra gesê. “Dit is interessant om vir so lank ‘n karakter te speel en later te voel dat ‘sy’ ook gereed is om te gaan.”

 

Sandra het dié besluit met haar mede-spelers gedeel terwyl hulle vir hul 200ste episode gerepeteer het.

Die populêre 42-jarige aktrise was een van die oorspronklike akteurs toe dié reeks in 2005 begin het. Die skrywers en vervaardigers het nog nie besluit hoe haar karakter aan die einde van die 10de seisoen die reeks gaan verlaat nie.

Sandra wil haar akteurspiere op ander tipe rolle oefen. Alhoewel sy bekend is vir haar dramatiese rolle, is sy ook ‘n baie goeie komediant en haar mede-spelers het haar in die verlede al geloof vir haar komediese tydsberekening.

BRON: Daily Mail

WIE IS JOU GUNSTELING GREY’S ANATOMY-KARAKTER?