demi_moore_getty
Het jy gehoor?

Geluk, Demi, met jou 50ste!

Dit was ‘n moeilike jaar vir Demi. November verlede jaar het haar huwelik met Ashton Kutcher (34) verbrokkel, hy is sedertdien in ‘n baie hegte verhouding met die baie sexy en jonger Black Swan-aktrise Mila Kunis (39) en daar’s die konstante bekommernis oor Demi se eetgewoontes, verslawing en gemoedstoestand. Haar verhouding met haar drie kinders by akteur Bruce Willis het ook dié jaar skipbreuk gely, maar volgens gerugte is hierdie probleme nou weer uitgestryk.

Maar met haar verjaarsdag dié afgelope naweek was daar geen sprake van spanning nie. Sy het volgens bronne fantasties gelyk (en blykbaar ook gevoel) toe sy saam met ‘n intieme groep vriende haar groot 50 in styl by die weelderige Monte Carlo Beach Club in Abu Dhabi gevier het.

As jy ‘n kind van die 80’s is, sal jy saamstem dat Demi in haar St. Elmo’s Fire en Ghost-dae een van Hollywood se mooiste vroue was – en steeds is!