Het jy gehoor?

Geluk! Karlien van Jaarsveld en haar ‘Liefling’ is verloof

“Hi julle, deel graag nuus met julle…” het sy gisteraand op Facebook geskryf. “Ek is so opgewonde!! Derick het nou net my gevra om te trou!! JA JA JA! Lekker slaap almal.”

Karlien was nie vanoggend op haar selfoon bereikbaar nie, maar Beeld berig vandag Derick het haar op ‘n gholfbaan verras met ‘n gedekte tafel met sjampanje en aarbeie. “Dit was alles so wonderlik! Derick het my glad nie voorberei nie en ons het nie baie oor trou gepraat nie,” het Karlien aan Beeld gesê.

Die troue sal na verwagting in Oktober of November plaasvind. Hou sarie.com dop vir meer inligting later!

Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard

SÓ HET SY OOR DERICK GESELS IN DIE FEBRUARIE-UITGAWE VAN SARIE

Die tweet het mekaar eintlik al ses jaar gelede ontmoet by ’n vertoning van Bobby op Langebaan aan die Weskus.

“Hy het so ’n bietjie met my kom gesels. Hy sê ek het met hom geflirt, maar hy jok, ek het definitief nie!” roep sy uit.

Daarna het hulle mekaar jare lank nie gesien nie, maar “hy sê ek het in sy kop vasgesteek”.

En toe, ná al die jare, het hulle mekaar verlede jaar in Maart weer heel toevallig raakgeloop op ’n troue. Hulle het albei ’n drankie by die kroeg bestel en Karlien was glo ’n visioen in ’n lang swart oorvourok met ’n láé hals en ’n oop rug. Toe neem Derick sy kans waar. Sy lag.

“Ek maak toe so half of ek hom nie hier aan my regterkant sien nie.” Maar nommers is uitgeruil, SMS’e het gevlieg en ’n paar maande later het hy haar saamgenooi na sy suster se troue op Piketberg.

“Ons het twee weke lank by sy ma-hulle gekuier.” Haar neus kreukel van die skaamgeid. “En toe het ons daar net baie verlief geraak.”

Nou is hulle beste pêlle.

“Met geen van my vorige ouens was dit so nie. Sy energie is lekker. En hy sing altyd vir my, al kan hy glad nie sing nie! Hy sing uit volle bors met sy hele hart vir my.”

“Needles and pins” van Smokie is sy gunsteling. Sy begin self sing om te demonstreer, klap haar vingers met die vierkantige wit naels. “I saw it today, I saw a face,” sing sy. Dan skater sy en gooi vir Baboo nog ’n stuk biltong, tik-tik-tik met die naels op die houtblad.

Met dié dat hy nou vir die Engelse klubspan Saracens speel, woon hy in Londen, maar tot dusver is hulle nog heeltyd bymekaar – die popster en die sportster, met niks se ge-nege-tot-vyf-werkery wat in hul pad staan nie.

“Of ek kuier by hom of hy kuier by my. Dit het sover net so uitgewerk. Die langste dat ons uitmekaar was, was ’n maand en toe het ons heeltyd ge-Skype.”

Maar selfs al bly hulle weke lank by mekaar oor, slaap hulle nie saam nie.

“Baie keer dink jy, man, ek gaan vir altyd saam met hierdie ou wees, jy kan maar by hom slaap. Maar ek glo glad nie daaraan om voor die huwelik saam te slaap nie. Jy gee alles van jouself weg. Gelukkig glo Derick dit ook.”

Maklik is dit nie altyd nie, gee sy met ’n verleë laggie toe.

“Dis vir seker ’n uitdaging, maar ons staan sterk. Kyk, ons vry lekker, maar ons weet waar’s die limit.”

Tog voel hierdie verhouding vir haar na “the real deal”.

“Gewoonlik soek ek my spasie, maar nou wil ek net heeltyd by hom wees.” Sy glimlag vredig. “Ek glo mos elke vrou is uit ’n man se sy gemaak, en ek voel ek is uit Derick se sy gemaak, net soos Eva uit Adam se sy gemaak is.”

  • Zuzzette Visser

    Baie geluk Karlien en Derik met julle verlowing. Hoop julle gaan baie gelukkig wees vir altyd en altyd. Zuzzette

  • Albert Visser

    Karlien baie baie geluk. Wens ek kon dieselfde se vir Derick mar nou ja…ekt nie veel oog hare vir hom nie. As dit nou FRANCOIS was was dit n ander ball game. Weereens baie geuk,jy is n huweel van n mens. Albert Visser

  • Lynnette Dekker

    baie geluk alle voorspoed vir julle twee

    Vriendelike groete

    Lynnette Dekker

  • Sydney Maherry

    Hello Karlien!
    ek het vir jou al ontmoet, by Bobby se konsert in Maart.
    ek wil maar net se baie baie baie baie GELUK!!!!!!!!!!!!!
    ek is so opgewonde vir jou!
    ek gaan vir my verjaarsdag na jou konsert toe op die 14de Mei, ek kan nie wag nie!!!!!
    stuur asseblief groete vir jou ma!
    baie liefde
    Sydney-Aidan Maherry
    xxxx

  • Jozua V D Merwe

    Wie ookal Albert visser is , jy is n uiters onsmaaklike vent en moet maar eerder jou opinies vir jouself hou .

    Karlien is n uiters smaakvolle sharmante dame en Ek het het geen twyfel dat Derik in die kategorie val van ordentlike wel opgevoede afrikaner boerseuns wat sy vrou op sy hande sal dra.

    Mag julle n vervulde geseende vreugdevolle vrugtevolle lewe saam ervaar.

    Jozua van der Merwe

  • Bianca van Rooyen

    Karlien en Dercick julle pas baie goed bymekaar baie geluk met julle verlowing ek het amper gehuil toe ek in die Huisgenoot gelees het hoe hy jou gevra het dis soooo romanties weereens geluk en respek aan Derick wat die regte ding gedoen het om eers al die familielede te vra. En as Karlien die boodskap lees se vir jou broer Bobby baie baie geluk met die 2de baba wat oppad is ek is seker hy/sy gaan net so pragtig wees soos klein Sion julle is werklik waar awesome Karlien, Bobby en Annatjie en Sion! En die nuwe 1 oppad ek weet sommer hy/sy gaan awesome wees.

  • Bianca K

    Albert dit gan nie hier oor rugby nie!! Dit gan oor liefde en wie Derick as mens is!! Ken jy hom as mens?? So hou eerder jou opinie vir jouself as jy niks goeds kan sê nie!!!

    Baie geluk julle twee!!! Julle verdien dit en mekaar!!! *Daars niks beter as liefde nie*!!

  • Julia

    Vreeeslik baja geluk karlien!!! Jy verdien dit! Jy en Derick is altwee awesum mense…en hou aan met jou platinum cd ‘s (eke wil ook eendag ‘n sangeres word) =) Ek kyk regtig op na jou!!!Weereens baaaaie geluk!
    xoxo
    Julia