sr1108insparasie_2_
Het jy gehoor?

Nuwe Chanel-geur op haar verjaarsdag

19 Augustus is Coco se verjaardag én die inspirasie agter die naam van haar Chanel No. 19-parfuum.

’n Nuwe weergawe, Chanel No. 19 Poudré (beskikbaar vanaf vandag, 19 Augustus 2011, R1 240 vir 100 ml EDP), is pas bekend gestel om dit te herdenk.

Irisplantasies is spesiaal deur Chanel vir hierdie geur aangeplant, en nou word ’n tikkie muskus bygevoeg vir die nuwe Chanel no. 19 Poudré.

Sy is ook teen 1919 as couturier geregistreer. En haar groot liefde, “Boy” Capel, is in 1919 in ’n tragiese motorongeluk dood.

Kyk hieronder na die inspirerende Chanel No. 5 korflieks

  • Drienie Lambert

    Fantasties. Bly sy verjaar in my leo maand want ons is Koning van die diere! Geluk Chanel 19