rz
Het jy gehoor?

7de Laan, 2 000!

SARIE het by die geliefde Hilda en Oubaas van Zyl gehoor wat hul snaaksste oomblik nóg op stel was.

Annelisa Weiland (Hilda van Zyl)
Hilda het destyds ‘n ongeluk gehad met haar bromponie, Saartjie. Altwee bene en arms was in gips. As gevolg hiervan was ek baie onbeweeglik. Om toilet toe te gaan moes ek op my rug op die grond gaan lê terwyl Anna-Mart van der Merwe my van die gips bevry. Maar die snaaksste was toe Hilda in die hospitaal lê, (gips en al) en Oubaas sluip in om haar te ontvoer, hy was veronderstel om my uit die bed te lig en in ‘n rolstoel te sit, maar hy kon nie lekker vatplek kry nie met die stywe bene en arms in die lug, en hy’t nog boonop op die laken getrap! Toe gly ons twee giggelend saam aan die kant van die bed af en eindig in ‘n bondeltjie op die vloer… bene in die lug!

Pierre van Pletzen (Oubaas)
Hilda-hulle het vir Oubaas een of ander wortel ingegee om sy brein te help. Toe verander hy in ‘n tipe Einstein-figuur, wat ongelooflike somme kon maak – en hy rammel die alles af teen die spoed van lig. Nou ja, in ‘n toneel gee Hilda vir Oubaas ‘n koppie tee, hy kla toe dat daar net 147 korreltjies suiker in sy tee is en slegs 0,10925 liter melk. Sy skink toe weer, hy vat ‘n slukkie en dan moet hy weer ‘n klomp syfers en goed aframmel oor wat nou in die koppie tee is. Ek maak my mond oop – ek wil al die goed waaraan ek hard geleer het, sê, maar net een onverklaarbare word kom by my mond uit: Gans!