Het jy gehoor?

George Clooney gaan trou?

Ai, die mooie man! George Clooney het vroeër vanjaar gesê hy wil nie trou nie en almal moet net ophou met die gerugte. Het daar dalk iets in die afgelope vyf maande verander? Ons wonder…

Die Italiaanse pers het berig dat Clooney en die Italiaanse model Elisabetta Canalis beplan om volgende week Donderdag te trou. Volgens OK Magazine is daar blykbaar ‘n groot tent op sy erf by Lake Como in Italië.

Daar is ook sprake dat Canalis se rok deur niemand anders as die bekende Italiaanse modeontwerper Roberto Cavalli gemaak word nie.

Wat dink jy, gaan Clooney regtig dié keer trou?