FOTO: Instagram  @goldenglobes

FOTO: Instagram @goldenglobes

Het jy gehoor?

George Clooney gesels oor die getroude lewe

George, wat tot onlangs een van Hollywood se gesogste enkellopers was, sê hy kan nie langer as ’n week weg wees van sy vrou, Amal Alamuddin, af nie, berig Hello!

Dié akteur, wat eens baie privaat was oor sy liefdeslewe, het nou geen probleem om oor die getroude lewe te gesels nie. “Dit was glad nie vir my ’n groot aanpassing nie,” het hy aan news.co.au vertel. “Ons grootste uitdaging is om ons program so te reël dat ons nie vir langer as ’n week apart is nie.”

Hy skerts dat hulle enige meningsverskille met ’n armdruk-kompetisie opklaar. “Sy is baie slimmer as ek, so ten minste staan ek ’n kans met ‘n armdruk-geveg.”

Amal is nie net slim en beeldskoon nie, dié prokureur is boonop ongelooflik stylvol. “Sy het nie eens ’n stilis nie, sy weet waarvan sy hou,” vertel George.

Oor hul familielewe skerts hy dat hy die een is wat die kos maak, en dat sy net besprekings maak by restaurante. Hy hou veral daarvan om Libanese kos te berei, aangesien Libanon Amal se geboorteland is. “Ek het nooit baie van Libanese kos af geweet nie, en nou eet ons taamlik dikwels taboeli,” erken hy. Hy vertel ook dat hy goeie Italiaanse kos kan maak, hy maak graag ontbyt en sy spesialiteit is ’n tradisionele Thanksgiving-ete.

Lees ook: