Het jy gehoor?

George Clooney in nuwe fliek

Wanneer een van die wêreld se mooiste mans op die grootskerm verskyn, gaan kyk ‘n mens mos. Die storielyn is ‘n bysaak, of hoe?

Maar die Oscar-bekroonde George Clooney is terug in Up In The Air, ‘n film deur dieselfde regisseur as Juno (Jason Reitman), en die voorskou lyk alte belowend (kyk die video hieronder).

Ryan Bingham (Clooney), ‘n rondreisende sakeman, se lewe gebeur op lughawens, in vliegtuie, in huurmotors en in hotels. Hy kan sy ganse bestaan in ‘n wieletjiestas pak, hy’s ‘n premium-lid van bykans elke lojaliteitsreisprogram en hy’s bitter naby aan 10 miljoen vlugmyle. Maar hy besef hy’t niks egs om aan vas te hou nie.

Wanneer hy verlief raak op ‘n mede-reisiger (Vera Farmiga), dreig sy baas om sy jetsetter-leefstyl stop te sit. Ryan is aanvanklik angsbevange, maar begin dit oorweeg om ‘n régte huis te hê …