Het jy gehoor?

George Clooney maak ’n draai in Downton Abbey

Die Hollywood-akteur George Clooney gaan gesig wys in die gewilde Britse reeks Downton Abbey.

Dié aantreklike ster gaan ’n Amerikaanse gas by ’n Downton-troue speel in ’n spesiale episode. Hierdie episode is geskryf om geld in te samel vir die liefdadigheidsinisiatief Text Santa. Dit sal oor die Kerstyd uitgesaai word.

George het blykbaar sowat 4 maande gelede in groot geheimhouding dié episode geskiet.

Dié verloofde man, wat baie opgewonde is oor sy troue in Italië, is glo ’n groot aanhanger van Downton Abbey. Dis dalk ook die rede waarom hy verlief geraak het op ’n Brit, Amal Alamuddin. Hy en een van die hoofspelers, Hugh Bonneville (Robert Crawley), is ook groot vriende.

Amal en George by die Celebrity Fight Night-liefdadigheidsgeleentheid in  Ermanno Scervino

Amal en George by die Celebrity Fight Night-liefdadigheidsgeleentheid in
  Italië FOTO: vergunning van Ermanno Scervino

Toe George vroeër vanjaar Highclere-paleis besoek het waar Downton Abbey geskiet word, het die Britse media gegons dat dit hier is waar George en Amal sal trou. Maar nou weet ons hy was daar om ’n heel ander rede!

Bron: Hello! en BBC