FOTO: Nick Briggs/ITV

FOTO: Nick Briggs/ITV

Het jy gehoor?

George Clooney op Downton Abbey-stel

SARIE.com het vroeër berig dat George Clooney oor die Kersseisoen in ’n spesiale Downton Abbey-episode gaan speel. Foto’s van George op die stel van dié gewilde reeks is bekend gestel. 

Die opbrengs van dié episode word aan liefdadigheid geskenk. Maar die TV-netwerk het solank ’n voorsmakie gegee vóór dit op 19 Desember op die Britse kassie gaan wys.

In die video verskyn George in ’n grys pak, sonder om ’n woord te sê. Dis nog onbekend hoe sy karakter in die storielyn oor Britse aristokrate in die vroeë 1900’s gaan inpas.

En oudergewoonte lyk George baie aantreklik. Kyk die video hier:

Die TV-netwerk ITV het ook dié foto’s op hul webtuiste gepubliseer.

FOTO: Nick Briggs/ITV

FOTO: Nick Briggs/ITV

Die geld gaan aan liefdadigheidsorganisasies soos die Marie Curie-kankersorg, die Kankertrust vir tieners en Well Child.

Bron: ITV

Lus om te lag?

Enkellopend-wees is glad nie lekker nie – dis dan baie moeilik om met jouself vas te dans! Bouwer Bosch en Bennie Fourie het Bobby en Karlien van Jaarsveld se lirieke gebruik om te kyk of hulle meisies kan beïndruk.

Kyk hierdie lekker-lag-video!