FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

George Clooney is verloof

Die man wat bekend daarvoor is om nie te trou nie, is verloof!

George Clooney se nuwe verloofde, die Britse prokureur Amal Alamuddin, se regsfirma het gister bevestig dat die paartjie die groot stap geneem het. Hollywood se sexy gryskop het ná sy ernstige verhouding met Stacy Keibler (wat self onlangs getrou het) met Amal begin uitgaan.

Klik hier vir ’n foto van Amal

Die paartjie is glo sedert Oktober verlede jaar saam. George en Amal, wat in Beiroet gebore is, het probeer om hul verhouding buite die kollig te laat uitspeel.

George het aan die 36-jarige skoonheid die groot vraag gevra. Toe die paartjie later saam met hul vriende Cindy Crawford en haar man, Rande Gerber, gaan eet het, is Amal met ’n verloofring gesien.

George was voorheen nog net een maal getroud en dít sowat 20 jaar gelede met Talia Balsam. Hy het intussen vele hoë-profiel verhoudings gehad met onder andere aktrise Lucy Liu (Charlie’s Angels en Elementary) en die modelle Elisabetta Canalis en Lisa Snowden.

Bron: Huffington Post