FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

George Clooney vertel (uiteindelik) hoe hy Amal die groot vraag gevra het

George Clooney het al oor die getroude lewe gesels, maar tot nou toe het hy nog nie ’n woord gerep oor hoe hy en Amal verloof geraak het nie, berig ELLE

Tydens ’n onlangse onderhoud op CBS This Morning het die Gravity-akteur vertel dat Amal nie geweet het van sy langtermyn-plan vir hul verhouding nie: “Ek het gou geweet dat ek die res van my lewe saam met haar wil deurbring … Maar teen die tyd dat ek haar gevra het, het ons nog nooit voorheen daaroor gepraat nie … Ek het dit letterlik net gedoen.”

Terwyl die paartjie een aand by die huis ontspan het, het George haar die ja-woord gevra. Amal was duidelik onkant gevang, en George moes ná ’n ruk haar stilte verbreek. “Luister, jy weet, ek is 53 … of 52 en ek is al vir die afgelope 28 minute op my een knie, so as ek nie binnekort ’n antwoord kry nie gaan ek my heup ontwrig.”

Dit was duidelik die wag werd: “Ek het iemand met wie ek oor enigiets kan gesels en ek gee meer om vir haar as wat ek al ooit vir iemand anders omgegee het,” het George bygevoeg.

George en Amal het in September 2014 trou aan mekaar beloof. Hul troufoto’s het op verskeie tydskrifte se voorblaaie gepronk.

Bron: ELLE

Lees ook