FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

George Clooney wéér enkellopend

Die alewige ounjongkêrel – George Clooney sê ná byna 2 jaar tot siens aan Stacy Keibler

Die 52-jarige akteur het in 2011 verklaar hy gaan nie weer trou nie. George was nog net een keer getroud met die aktrise Talia Balsam van 1989 tot 1993, maar dit beteken nie sy swart boekie is nie vól name nie… (Sien ‘n lys van George se eksmeisies onder dié artikel.)

Sy mees onlangse verhouding het byna 2 jaar gehou. Hy en Stacy Keibler (regs), ‘n voormalige beroepstoeier, se paadjies het blykbaar geskei. ‘n Bron het aan The Sunday People gesê dat dié verhouding dieselfde patroon volg as al George se verhoudings. “Sodra hy voel ‘n vrou kom te naby, trek hy terug.”

George Clooney en Stacy Keibler

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Waarvan hou George nie van sy voorkoms nie? Hy verklap ‘n paar geheime.

Gerugte dat dié verhouding verby is, is al sedert Maart vanjaar in omloop. Die koeël was blykbaar deur die kerk toe hulle Onafhanklikheidsdag, wat in Amerika gewoonlik ‘n groot partytjie is, apart deurgebring het. George en Stacy het net ‘n maand nadat George met die Italiaanse aktrise Elisabetta Canalis uitgemaak het, ontmoet.

Só lyk ‘n blinkgrys George Clooney!

Alhoewel Stacy se bekendheid sedert sy met George uitgaan daartoe gelei het dat sy nou ook haar eie televisieprogram gaan aanbied, het sy nog nooit openlik oor hul verhouding gepraat nie. “Dit is niemand se besigheid nie. ‘n Persoonlike lewe is ‘n persoonlike lewe,” het dié 33-jarige in die verlede gesê.

Stacy KeiblerStacy Keibler

FOTO: Stacy saam met prinses Charlene van Monaco (links) en op die stel van ‘n fotosessie (regs).

George se vorige meisies

Dedee Pfeiffer, Michelle Pfeiffer se suster
Kelly Preston, John Travolta se vrou, en George het in 1988 uitgegaan.
Talia Balsam (getroud in 1989, maar is sowat 3 jaar later geskei)
Die aktrise Kimberly Russell
Die Sweedse supermodel Vendela Kisebom
Die model en aktrise Karen Duffy
Celine Balitran – hy het haar ontmoet in Parys terwyl sy nog ‘n student was en ‘n paar maande later het sy by hom in Los Angeles ingetrek.
Die aktrise Traylor Howard
Die Britse aanbieder Mariella Frostrup
Die Charlie’s Angels-aktrise Lucy Liu
Days of Our Lives-ster Krista Allen
Die model Lisa Snowdon
‘n Kort verhouding met Renée Zellweger
Die kelnerin Sara Larson
Die Italiaanse model Elisabetta Canalis
Stacy Keibler, ‘n voormalige beroepstoeier
(Sien foto’s van al George se meisies hier)
[box:full:red:both]

Ander sterre se verhoudingstatus

[/box]

Nigella Lawson: Haar man, Charles Saatchi, het ‘n egskeiding aangevra. Daar het onlangs foto’s verskyn waar hy sy vrou aan die keel ‘wurg’ in ‘n restaurant. Volgens hom is hul verhouding lank reeds verby en hy vra ‘n egskeiding onder meer omdat sy hom nie ná die foto’s se verskyning in die openbaar verdedig het nie.

Nicole Scherzinger: Die 35-jarige sangeres en X-factor-beoordelaar en die Formula 1-ster Lewis Hamilton se paadjies het ook geskei.

Katy Perry: Die sangeres en John Mayer het Onafhanklikheidsdag saam gevier en daarna vir ‘n romantiese Italiaanse ete gegaan.

Lees hier wat Katy onlangs oor haar egskeiding met Russell Brand én haar verhouding met John Mayer gesê het.

Eva Longoria: Die voormalige Desperate Housewives-ster het liefde gevind – op haar eie televisieprogram! Hy was ‘n deelnemer aan haar werklikheidsprogram Ready for Love, maar dié twee het blykbaar eers ná die program beter bevriend geraak. Haar eksman, die basketbalspeler Tony Parker, het onlangs verloof geraak aan ‘n Franse joernalis. Nou vlieg die gerugte dat Eva voor Tony by die kansel wil staan …

Eva praat oor haar egskeiding.

Pippa Middleton: Pippa en haar kêrel, die bankier Nico Jackson, is glo gereed om verloof te raak, maar wag eers totdat haar suster Kate se koninklike baba gebore is voordat hulle dié groot stap neem.

Bronne: Daily Mail, Huffington Post, US Magazine, Mirror, Daily Mail.