Het jy gehoor?

Gerard Butler, Aaron Eckhart kuier in SA

“Van al die plekke waar ons vir die fliek se premières was, is Johannesburg die beste ervaring,” het Aaron en Gerard gesê.

Die première, wat deur Martin Bester van Jacaranda FM aangebied is, het begin met ’n vertoning van die rolprent voordat die twee sterre by Montecasino se rooi tapyt afgestap het en tien luisteraars van Jacaranda FM se vrae beantwoord het.

Die twee akteurs was skertsend, vrolik en opgewonde om in Suid-Afrika te wees. Aaron, wat die rol van die President van die VSA in die fliek vertolk, het een luisteraar verhoog toe geroep en ’n drukkie gegee.

“Dis waaraan ek gedink het toe ek hoor ek kom Suid-Afrika toe,” het hy daarna gesê. Daarna het Gerard, wat verkies om Gerry genoem te word, sommer ook opgespring en haar ’n druk gegee. En toe het hy sommer haar agterstewe ook geknyp!

Die aksie-belaaide fliek gaan oor Mike Banning (Gerard Butler), ’n voormalige lyfwag van die Amerikaanse president wat ’n plan moet maak wanneer dié einste President Benjamin Asher (Aaron Eckhart) deur terroriste in die Withuis aangehou word. Gerard het baie van sy aksie-tonele self gedoen. 

“Die toneel met die geveg is die dubbelganger, maar die toneel daarna, waar Mike deur die dak val, is ek,” het hy gespot. 

Toe Aaron gevra is watter karakter hy die graagste sou wou speel in ’n aksiefliek, was sy antwoord nie James Bond nie.

“Ek sal Gerry Butler wil speel,” het hy gelag.

Aaron Eckhart by Montecasino in SAGerard Butler by Montecasino in SAAaron Eckhart by Montecasino in SAAaron Eckhart en Gerard Butler by Montecasino in SAAaron Eckhart by Montecasino in SA

Aaron Eckhart en Gerard Butler by Montecasino in SA

Aaron Eckhart en Gerard Butler by Montecasino in SA

Kyk na die voorprent van Olympus has fallen