FOTO: Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Geri Halliwell verloof!

Die voormalige Spice Girl Geri Halliwell is verloof aan Christian Horner en net soos Benedict Cumberbatch het hulle dit op ’n oudmodiese manier aangekondig.

Geri is verloof aan Christian Horner, die Formule 1-baas van Red Bull. Maar anders as ander celebs het hulle nie die nuus met ‘n foto van die ring op sosiale media aangekondig nie.

Hulle het ’n aankondiging in die Britse koerant The Times geplaas.

Geri het wel later vandag, ná die koerant op Britse voorstoepe afgelewer is, die aankondiging op haar Instagram-blad gelaai.

Christian and I are delighted to announce that we are engaged! We’re both very happy. / via twitter #gerihalliwell

A photo posted by Geri Halliwell (@gerihalliwelluk) on

Die paartjie ken mekaar sedert 2009 en het hul verhouding in Maart vanjaar bevestig. Die 42-jarige sangeres en die 40-jarige Christian het albei kinders uit vorige verhoudings.

Bron: Hello!

Lees ook

Lus om te lag?

Enkellopend-wees is glad nie lekker nie – dis dan baie moeilik om met jouself vas te dans! Bouwer Bosch en Bennie Fourie het Bobby en Karlien van Jaarsveld se lirieke gebruik om te kyk of hulle meisies kan beïndruk.

Kyk hierdie lekker-lag-video!