FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Gert-Johan Coetzee en Clarins help vroue só – en jy kan ook bydra!

Die bekende SA ontwerper Gert-Johan Coetzee het ’n spesiale rok ontwerp ter ondersteuning van ’n liefdadigheidsorganisaie wat sanitêre produkte aan behoeftige vroue verskaf.

Project Dignity gee in die landelike gebiede van KwaZulu-Natal sanitêre produkte aan meisies en vroue wat dit nie self kan bekostig nie. Dié inisiatief is deur Sue Barnes op die been gebring en hiervoor is sy aangewys as Clarins se mees dinamiese vrou in 2013.

Nou help die ontwerper Gert-Johan Coetzee dié organisasie deur ’n baie spesiale rok te ontwerp. ’n Beperkte weergawe van die ikoniese little black dress word vanaf Februarie in uitsoektakke van Edgars verkoop.

Vir elke rok wat verkoop word, skenk Gert-Johan R100 aan Project Dignity. Dié elegante swart rok is net vir ’n beperkte tyd beskikbaar.

SARIE.com het ’n eerste kykie van dié rok gekry. Só lyk dié noupassende rok met blinker-detail.

Só lyk die rok wat Gert-Johan Coetzee verkoop ten bate van Project Dignity. ILLUSTRASIE: verskaf

Só lyk die rok wat Gert-Johan Coetzee verkoop ten bate van Project Dignity. ILLUSTRASIE: verskaf

“Ek wil dit vir vroue wat lief is vir die GJC-handelsmerk maklik maak om aan dié groot inisiatief deel te neem. Al wat hulle moet doen om Sue te help is bloot om ’n rok te koop,” sê hy in ’n verklaring.

Gert-Johan is besig om vir homself internasionaal naam te maak. Hier is die Amerikaanse sangeres Kelly Rowland in van sy ontwerpe

Die foto wat Kelly op Instagram gedeel het van Gert se swart skepping en hulle twee saam in September

Die foto wat Kelly op Instagram gedeel het van Gert se swart skepping en hulle twee saam in September.