FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Gert-Johan Coetzee-ontwerpe: van looplank tot jou kas!

Geskiedenis is gemaak tydens verlede week se glansryke SA Modeweek in Johannesburg. Al kon ons nie almal in die voorste ry sit nie, het Spree vir ons ander “sitplekke” bespreek. Op 18 Maart kon ons Gert-Johan Coetzee-ontwerpe vars van die looplank kry, en dit in die gemak van ons eie huise!

Spree maak graag plaaslike ontwerpe toeganklik vir Suid-Afrikaners. Plus, dié noemenswaardige aanlyn-inkopies-webwerf het kragte saamgespan met Gert-Johan Coetzee, een van die land se voorste ontwerpers, om sy Lente/Somer 2015-reeks by dié jaar se SA Modeweek bekend te stel.

Spree en Gert-Johan het uit sy splinternuwe reeks 18 kledingstukke gekies wat jy aanlyn kan koop.

Een van die rokke uit dié nuwe reeks

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Karen Dempers, hoof van klante-skakeling by Spree, sê dat “vroue nou gouer as ooit tevore hul hande op GJC se reeks kan kry”.

Gert het bygevoeg dat dié reeks opgedra is aan sterk vroue, wat die kern van ons samelewing vorm, en dit vier hul vroulikheid: “Ons wil hê dat GJC ’n reeks moet wees vir alle vroue, nie net loopplank-modelle nie. Ons is opgewonde om met Spree saam te werk … dit sal die plaaslike mode-landskap verander.”

Indien jy die eksklusiewe vertoning gemis het, kyk gerus na dié video.

Koop, kyk en klets via Spree se verskeie sosialemedia-platforms (Instagram, Facebook en Twitter). Gebruik ook die hutsteken (hashtag) #spreeshoptheramp.

Lees ook 

Elma Smit: Van top-stories tot top-model, alles in een dag

FOTO’S: Gert-Johan Coetzee se groot dag | SARIE

Gert-Johan Coetzee en Clarins help vroue só – en jy kan ook bydra!

Afrikaanse ontwerper maak internasionaal groot naam

Afrikaanse ontwerper staande toegejuig by New Yorkse Modeweek