D3A_6735
Het jy gehoor?

Gert-Johan Coetzee help geld insamel vir Johannesburgse Balletgeselskap

Fotografie, mode-ontwerp en dans kom saam om geld vir die Johannesburgse Balletgeselskap in te samel.

Fotograaf Jurgen Marx het foto’s geneem van die geselskap se dansers in skeppings van die gewilde mode-ontwerper Gert-Johan Coetzee. Dié foto’s gaan opgeveil word ten bate van die Johannesburgse Ballet.

D8A_0250

Ander groot name wat gehelp het met dié projek is M.A.C, wat vir die grimering gesorg het, en Yolandi Herbst, wat die dansers se hare stilleer het.

D8A_0314

Die agter-die-skerms-foto’s in dié artikel is geneem deur Sean Brand en Charl Fraser.

D3A_6806

Môre gaan dié amptelike foto’s by die gewilde CIRCA-kunsgalery in Rosebank opgeveil word.

D3A_6257

Besoek Art-Movie-Book.com vir meer inligting

Wanneer: 1 Desember
Waar: CIRCA-Kunsgalery, Jellicoe in Rosebank.
Tyd: 18:30 vir 19:00. Die veiling begin om 19:45
Toegang: R100 per persoon
Canapés en drankies sal voorgesit word.

RSVP by Raschika Marx-Badenhorst, die kreatiewe direkteur wat dié wonderlike mense bymekaar gebring het: Raschika@art-movie-book.com

Kyk na die video hieronder vir nóg agter-die-skerms-aksie van dié pragtige fotosessie:

MUSIEK: “Divertimento K131″ Kevin MacLeod (incompetech.com)
Licensed under Creative Commons: By Attribution 3.0

http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/