FOTO: Instagram gwenstefani

FOTO: Instagram gwenstefani

Het jy gehoor?

GERUG: Babanuus vir Gwen Stefani en Blake Shelton PLUS wat sê haar eksman?

Kort ná hul onderskeie huwelike verbrokkel het, het The Voice-beoordelaars Gwen Stefani en Blake Shelton bevestig hulle is meer as net vriende. Volgens Hollywood Life doen gerugte die ronde dat hulle reeds ’n pienkvoet verwag. 

Blake is glo baie opgewonde om vir die eerste keer pa te word en hoop dis ’n seuntjie.

Gwen en haar eksman, die musikant Gavin Rossdale, het drie seuns: Kingston (9), Zuma (7), en Apollo (1).

Die 46-jarige sangeres het haar nie aan die skinderstories gesteur nie en het eerder oor haar opkomende American Music Awards-vertoning getwiet:

Luidens die berig in Hollywood Life sal Gavin nie in die pad van Gwen en Blake se geluk staan nie, terwyl Access Hollywood meen Gavin sal nie sy eksvrou se nuwe verhouding in die wiele ry nie, omdat nuus van sy ontrouheid die internet aan die gons het. Gavin en die gesin se kinderoppasser, Mindy Mann, knyp glo al die afgelope drie jaar die kat in die donker.

Mindy word nou geblameer vir Gwen en Gavin se egskeiding ná 13 jaar van getroude lewe.

Hollywood se skindertonge is los!

Bronne: Access Hollywood en Hollywood Life

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!