Ben Affleck en Jennifer Garner
Het jy gehoor?

GERUG: Ben Affleck en Jennifer Garner na die skeihof

Die Hollywood-glanspaartjie Ben Affleck en Jennifer Garner is blykbaar op pad na die skeihof, as ons die oorsese skinderblaaie kan glo.

Die gerugte dat daar probleme in hul huwelik is, wil maar net nie gaan lê nie. Maar ons wil nie glo dat dié paartjie se huwelik van byna 10 jaar op die rotse is nie.

Mirror se webtuiste berig dat ’n bron na aan die paartjie verklap het dat hulle reeds van tafel en bed geskei is.

Tog is Jennifer ten spyte van die storm wat om hul koppe losgebars het, deur die paparazzi met haar trouring afgeneem. Daar is ook nog nie ’n verklaring van hulle kant af uitgereik om die gerugte te bevestig of ontken nie.

Sy en Ben het op die stel van Pearl Harbour in 2001 ontmoet. Hulle het drie kinders, Violet (9), Seraphina (6) and Samuel (3).

Hulle sal op 29 Junie tien jaar getroud wees.

foto: Getty Images/Gallo Images

FOTO: Getty Images/Gallo Images

Bron: Mirror

Lees ook