beyonce
Het jy gehoor?

GERUG: Beyoncé en Jay Z se $1 miljard-egskeiding

Selfs nie $1 miljard (R13.8 miljard) is genoeg om geluk te koop nie! Volgens Hollywood Life doen gerugte die rondte dat een van Hollywood se rykste glanspare, Beyoncé en Jay Z, se paadjies binnekort gaan skei.

Die 34-jarige Single Ladies-sangeres is glo siek en sat daarvoor om voor te gee dat hulle gelukkig is. ’n Bron in haar binnekring sê sy vermy die media sodat sy nie hoef te verduidelik waarom hulle nog nie ’n tweede kind het nie.

Volgens die bron Beyoncé het reeds aan familie en vriende gesê sy wil net aanbeweeg. Sy gaan glo binnekort die nuus aan die wêreld bekend maak. 

Dit is nie die eerste keer dat daar oor Beyoncé en Jay Z se huwelik bespiegel word nie. Life & Style het verlede jaar berig dat jaloesie, buite-egtelike verhoudings en hewige stryery ’n meer akkurate beskrywing van dié verhouding is.

Tog lyk die gesin heel gelukkig op dié foto wat Beyoncé onlangs op Instagram gedeel het.

A photo posted by Beyoncé (@beyonce) on

Beyoncé en Jay Z het op 4 April hul sewende huweliksherdenking gevier. Hul 3-jarige dogter, Blue Ivy, is hul enigste kind.

Bronne: Hollywood Life en Life & Style

Lees ook