FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

GERUG: Charlize Theron en Sean Penn is uit

As ons die gerugte moet glo, is SA se goue meisie Charlize Theron en haar verloofde, Sean Penn, se verhouding op die rotse. 

Die 39-jarige Charlize en 54-jarige Sean het in 2013 begin uitgaan en is verlede jaar in November verloof.

US Magazine berig dat Charlize glo reeds verlede maand die verlowing verbreek het ná die Cannes-filmfees.

People.com berig ook dat hulle al vir weke nie in dieselfde huis woon nie.

Dit het gelyk of dit ’n gelukkige verhouding was, en Sean het ook blykbaar baie goed oor die weg gekom met Charlize se seun, Jackson.

Sean was voorheen getroud met Robin Wright en Madonna.

Bronne: US Magazine en People.com

Lees nou